Die opwekking van hernubare energie het ten doel om ‘n positiewe impak op die omgewing en, nog meer belangrik, die plaaslike gemeenskappe uit te oefen. Die onafhanklike energieprodusent, De Aar Solar Power, het ‘n belangrike rol gespeel met die opheffing van De Aar se plaaslike gemeenskap deur indiensneming en opleiding.
“Deur plaaslike inwoners in diens te neem en opleiding, wat by beplande toekomstige projekte in die Noord-Kaap streek toegepas kan word, te verskaf was ons in staat om honderde gesinne in De Aar te kon ophef tydens ons projek se konstruksiefase,” het Savva Antoniadis, projekbestuurder vir DeAar Solar Power, gesê.
De Aar Solar Power, wat meer as 370 plaaslike werkers in diens geneem het, glo om werkers van ander streke in te voer sal nie ‘n oplossing wees vir die hoë werkloosheidssyfer wat tans in afgelee gebiede soos die Noord-Kaap Provinsie heers nie.
“ Plaaslike werkers vestig hulle vinniger tydens die intense konstruksiefases. Hulle is beter bekend met plaaslike toestande en geniet die ondersteuning van hul gesinne, wat hulle beter kandidate maak as personnel wat van buite af ingebring word,” het Antoniadis bygevoeg.
Tot 520 werksgeleenthede is geskep tydens die konstruksie, waarvan 73% gevul is deur lede van die plaaslike gemeenskap. Indiensneming sou, na oorspronklike verwagting, hoogstens 300 wees, maar weens die uitdagende grondtoestande in De Aar, het die getal werknemers byna verdubbel om te verseker dat die projek teen die einde van Maart 2014 in werking kan tree.
Tydens die 20-jaar bedryfsperiode van die sonaanleg sal die projek ook permanente werksgeleenthede skep, hoewel dit minder sal wees as tydens die konstruksiefase. Addisionele indirekte werksgeleenthede is geskep vir plaaslike vervaardigers en verskaffers vir die duur van hierdie projek.
“Aangesien De Aar Solar Power nie die enigste onafhanklike energieprodusent in die gebied is nie, sal enige geskoolde werknemer in hierdie bedryf in diens gestel kan word by enigeen van die huidige of toekomstige projekte wat in die gebied opgerig gaan word,” het Antoniadis gesê.